Het u al ooit daaraan gedink om op Laerskool Truida Kestell se nuwe webblad, TRUIDAKESTELL.CO.ZA, te adverteer?  Ons kondig met trots aan dat die aansoeke om op TRUIDAKESTELL.CO.ZA te adverteer, nou oop is.

Die volgende advertensiespasies is beskikbaar vir adverteerders op die volgende webbladsye van TRUIDAKESTELL.CO.ZA:

  • KONTAK ONS
  • ONDERWYSER NAVRAAG
  • NUUSBRIEF
  • AKADEMIESE NUUS
  • SPORT NUUS
  • KULTUUR NUUS
  • KALENDER
  • GALERY

Dit is vir ons van kardinale belang dat alle advertensies se ontwerp by die webblad inpas en daarom sal alle advertensies in die formaat, soos die voorbeeld hier bo, wees. Die ontwerp sal deur ons webmeester gemaak en hanteer word en met oorleg met die skool en u goedkeuring geplaas word.

Dit is belangrik dat u moet kennis neem dat ons aansoeke hanteer op ‘n eerste navraag basis en dat Laerskool Truida Kestell die reg behou op die plasing en opskorting van advertensies. Vir enige verdere inligting aangaande kostes van advertensie spasie en pakkette beskikbaar op TRUIDAKESTELL.CO.ZA, kan u gerus met Mnr K Pelser in verbinding tree.

 

PROSES OM OP TRUIDAKESTELL.CO.ZA TE ADVERTEER

- Kies die bladsy waarop jy wil adverteer 
- Kontak ons webmeester, Stephan, by 083 305 9306 of om u advertensie te ontwerp teen R300.00
- Volle betaling van advertensie moet plaasvind
- Volle betaling vir die tydperk van die advertensie met die volgende as verwysing op die betaling WEB ADVERTENSIE met u besigheid se naam
- Vir die grafiese dienste van die webmeester moet die betaling direk aan hom gemaak word
- Bewys/e van betaling
- Advertensie word geplaas

 

Select