Wees ‘n reenboog in ander se lewe

Nkosi Sikelel iAfrika is die lied van ons unieke land. Soos genoem is ons land uniek. Nie net as gevolg van ons sonnige klimaat en wonderlike natuurskoon nie, maar ook omdat ons ‘n reënboognasie is.

As meeste mense die woord reënboognasie hoor dink hulle outomaties aan die groot verskeidenheid mense waaruit ons land bestaan. Vandag kyk ons egter anders daarna. Ons sien ons land as ‘n nasie van reënboë. Ja, almal in ons land kan ‘n reënboog wees. Om ‘n reënboog te wees gaan egter nie oor wat mense van buite sien nie, maar wat binne jou is.

Net soos elke reënboog vol klere is, het elke mens ‘n verskeidenheid van persoonlikheids eienskappe en emosies . Eerstens is daar die kleur rooi. Rooi word geassosieer met waagmoed, liefde en woede. Ware Truidjies moet leer om hulle woede te beheer en ander wat kwaad is in liefde te help.

Oranje laat mens dink aan sitrusvrugte, gesonde kos, oorvloed en mededeelsaamheid. By Truidjies leer ons om nie suinig wees nie. Ons deel graag, al is dit net ‘n glimlag. Soos die gesegde lei: “Sharing is caring.”

Groen is die kleur van wilskrag en bereidheid. Ons moet die wilskrag hê om alles wat ons aanpak na die beste van ons vermoë te doen.

Geel is die kleur van die son. Net soos die geel gloed van ons son moet ons geluk en vrolikheid uitstraal.

In slegte tye hou ons egter altyd vas aan die blou kleur van hoop, geloof, waarheid en wysheid. Strewe altyd na die waarheid, bid vir wysheid en plaas jou geloof en vertroue in die Here.

Indigo en violet gaan gepaard met integriteit en edelikheid. Wees edel en opreg in jou besluite en optrede. Truidjies dink voor hul doen en hul woord is hul eer!

Skyn jou lig van liefde, vrede, vreugde, hoop, simpatie, mededeelsaamheid, eerlikheid en opregtheid in ander se lewens.

Wees ‘n reënboog in iemand anders se lewe!

 

Nadia Lombaard 2016

Hoofleier 2016TRK 6A 9 001

 

 
 
Select