Vir enige kind is die idee om weg van hul ouers en huis te wees - 'n uitdaging. Truida Kestell bied kinders 'n tuiste weg van die huis en gee ouers gemoedsrus dat hulle kinders in 'n vriendelike en veilige omgewing is.
Kom ervaar ‘n tuiste weg van die huis met personeel wat omgee vir kinders wat ver van die huis is. Huiswerk en leerwerk word onder toesig gedoen deur diensdoenende personeel.
Die ryklub is 'n diens teen addisionele koste wat koshuisleerders by betaalde aktiwiteite besorg.
Kostes per jaar sluit die volgende in:
Goed beplande en gesonde etes word aan leerders voorsien.
Leerders word volgens ouderdom ingedeel in kamers
Gr1 - 5 deel kamers
Gr6 - 7 minder per kamer