Bethlehem 14 Sept. 2024 17 °C
Wind: 2.21 mph
Sun 30 °C 16 °C
Mon 22 °C 12 °C
Tue 15 °C 12 °C
Wed 21 °C 9 °C
Thu 8 °C 11 °C
BETHLEHEM 14 Sept. 2024 17 °C
Wind: 2.21 mph
Sun 30 °C 16 °C
Mon 22 °C 12 °C
Tue 15 °C 12 °C
Wed 21 °C 9 °C
Thu 8 °C 11 °C

TRUIDJIES

'n wêreld vol ontdekking en avontuur

OOR ONS

Baie welkom by Truida Kestell in Bethlehem. Truida Kestell is ‘n parallel-medium laerskool in die skilderagtige Oos-Vrystaat. Die skool beskik oor ‘n ryk geskiedenis wat van voortreflikheid getuig sedert die skool se deure in 1940 geopen is.

Die personeel beywer hulle daarvoor om die totale kind te ontwikkel en sodoende die grondslag vir ‘n blink toekoms te lê.
Truida Kestell is ‘n bedrywige skool waar geleenthede geskep word. Stap gerus saam en vergewis u van die doen en late van die Truidjies!

TRUIDJIES

IS INTELLIGENT
IS KREATIEF
HET GEES
KAN NETWERK
IS SPORTIEF
IS WENNERS

OOR DIE JARE

24 Januarie 1940

Die Meisies-Volkskool is op 24 Januarie 1940 om 08:00 geopen op die terrein waar Truida Kestell Skool tot 25 Junie 1962 gehuisves was.

12 Desember 1940

Op 12 Desember 1940 word op ‘n skoolkommissie-vergadering besluit dat die naam “Truida Kestell Meisieskool” sal wees, vernoem na die eggenote van dr Kestell.  Mej A D A Helmbold is aangestel as die eerste hoof van hierdie skool.  Hierdie nuutgestigte skool het van krag tot krag gegaan en op alle terreine pragtige prestasies gelewer.

Januarie 1966

Die administrasie besluit egter dat hierdie Truida Kestell Meisieskool vanaf Januarie 1966 ook seuns sal inneem, wat meegebring het dat die naam verander is na  Truida Kestell Skool.  Die skool het van die begin af egter een groot probleem gehad en dit is nl. die terrein.

24 Junie 1982

Op 24 Junie 1982 is daar op ‘n gepaste wyse en met gemengde gevoelens afskeid geneem van die ou Truida Kestell Skool. Die “groot trek” na die nuwe skool het begin. Die amptelike ingebruikneming van die skoolgeboue vind op 15 April 1983 plaas.

1940 tot Vandag

As ‘n mens die hele kompleks - die twee koshuise (Huis van die Merwe en die geskiedkundige Meisieseminarie), die skoolgebou tesame met die pragtige sportveld en lieflike terrein sien, kan ‘n mens net met diepe dankbaarheid terugkyk na die jare wat verby is en die Vader dank vir manne en vroue wat nie teruggestaan  het nie, maar geveg het vir Truida Kestell  -  die skool waar ons geleer word om ideale na te streef en ons wil toerus vir ons taak  -  wat die toekoms ook al mag inhou!

KONTAK ONS

Naam & Van - Name & Surname *
Kontaknommer - Contact Number *
epos - email *
Navraag - Enquiry *